Sunday 20th of May 2012

 
Home Client Feedback Harmonie Dameskoshuis
Harmonie Dameskoshuis PDF Print E-mail

Terugvoer van Harmonie Dameskoshuis oor klankinstallasie

Dit was baie lekke om saam met W Heuer Musiekhaus (VisualSound) te werk. Harmonie Dameskoshuis het ʼn nuwe klanksisteem in die eetsaal laat installeer. Hierdie proses geskied uiteraard anders as ʼn gewone transaksie, in die sin dat die bestelling en kwotasie eers deur die universiteit goedgekeur moet word en dat hulle ook die betaling daarvan doen. Ek het egter nooit uitgesluit gevoel nie en het ervaar hoe daar van Musikhaus se kant af moeite gedoen word om my op hoogte van sake te hou.

 

Dit was altyd maklik om die kontakpersoon in die hande te kry en indien ons mekaar se oproepe gemis het, het hy altyd terug gekom na my toe. Die diens was ten alle tye vriendelik en behulpsaam. Dit was veral gemaklik omdat ek gevoel het ek die keuse vir die regte toerusting met vertroue in hulle hande kon laat. Hulle diens was spoedig en die werk wat hulle gelewer het van hoë gehalte. Ek beveel hulle met vrymoedigheid aan.

Stephane Pretorius
Harmonie Dameskoshuis
Stellenbosch Universiteit
Onderprimaria 2009/2010

 


Powered by Joomla!. Designed by: ThemZa themes NTChosting Valid XHTML and CSS.